GNU Algemene Publieke Lisensie

Die GNU Algemene Publieke Lisensie (weergawe 3) se logo.

Die GNU Algemene Publieke Lisensie (Engels: GNU General Public Licence, GNU GPL, GPL) is 'n algemeen gebruikte lisensie vir Vrye Sagteware. Dit is oorspronklik geskryf deur Richard Stallman vir die GNU-projek. Die nuutste weergawe, weergawe 3, is in 2007 vrygestel. Dit vervang weergawe 2 van die lisensie wat al in werking was sedert 1991, terwyl die oorspronklike weergawe 1 in 1989 vrygestel was. Die naam "GNU" is as 'n woordspel op die Engelse woord vir nuut, asook 'n rekursiewe akroniem: "GNU is not Unix"


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne